Op Vrydag, 17 Oktober, het Volkskool se Laer- en Hoërskoolpersoneel met groot entoesiasme aan die Dinosaur Obstacle Course deelgeneem, aangebied deur Tri the Karoo.

Dit was die eerste keer dat Volkskool genooi is om deel te neem, en ons sê graag baie dankie aan die organiseerders vir ’n heerlike, pretgevulde ervaring.

Die foto’s vertel die storie – lag, spanwerk en sommer hope Volkskool-gees!

Meer Nuusberigte