Vandag het ons die ware Karoo-hitte op die Astro gevoel, maar dit het niemand ondergekry nie! Die spelers het met entoesiasme, spanpoging en baie gees hul wedstryde aangedurf. Die energie was aansteeklik en die sportmangees op sy beste – presies soos ons dit by Volkskool ken.

’n Groot dankie Marelize Fourie wat die warm oomblikke vasgevang het met haar kamera – jou foto’s vertel die storie van ’n dag vol passie, glimlagte en hokkiepret!

Dis net week twee, maar die besigheidsliga is reeds aan die brand!

Meer Nuusberigte