Op Woensdag 22 Oktober het Hoër Volkskool teen Gill College op Gill se tuisveld gespeel. Met die wen van die loot het Volkskool besluit om eerste te kolf en het ’n indrukwekkende 215 lopies in hul 25 boulbeurte aangeteken.
Hierdie telling is moontlik gemaak deur ’n onoorwonne 104 van Enriano Joubert en ’n blitsige 70 van AW Lambrechts. Terwyl AW en Enriano saam kolf, het hulle ’n reuse 174 lopies aangeteken!
Met die bal het Volkskool net so uitstekend gevaar. Zietsman van der Walt het 7 paaltjies geneem, teen slegs 20 lopies wat teen hom aangeteken is. Gill College is uitgeboul vir 62 lopies, wat Hoër Volkskool ’n oorwinning van 153 lopies besorg het!
Wat ‘n fantastiese vertoning van vaardigheid, spanwerk en deursettingsvermoë – weer ‘n bewys van die krieketgees en trots.



