Wat ’n ongelooflike naweek vir Kate-Lynn Kruger! By die 4th A League Gala in Gqeberha op 18 Oktober het sy die swembad regtig laat borrel met haar uitmuntende prestasies:

– Gemengde 100m Rugslag: 1ste plek

– Gemengde 50m Rugslag: tweede plek

Persoonlike rekord: 50 Rugslag

– Gemengde 200m Individuele Medley (IM): 1ste plek

– Gemengde 100m Borsslag: 1ste plek

– Gemengde 200m Borsslag: 1ste plek

Sy kwalifiseer vir die SA Nasionale Junior Kompetisie in Maart 2026 op haar 200m Borsslag.

Volkskool is ongelooflik trots op jou! Jy wys weer hoe passie, prestasie en trots saamwerk!

Meer Nuusberigte