Vandag skryf ons matrikulante hul eerste gesamentlike vak – die begin van hul finale eksamenreis. Voor hulle na die saal vertrek het, het die graad 1’s buite op die rugbyveld hulle ontmoet om sterkte toe te wens.

Met groot opgewondenheid het die jongstes elke matriek met ’n briefie, ’n soetigheid en ’n pen verras – klein tekens van groot ondersteuning. Die veld was vol glimlagte, warmte en ware Volkskool-gees toe groot en klein saamgestaan het vir hierdie spesiale oomblik.

’n Opregte dankie aan ATKV vir die penne wat hulle beskikbaar gestel het en die oulike kaartjies.

Sterkte, matrieks van 2025 – die hele Volkskool glo in julle!

Meer Nuusberigte