Wat ’n naweek van vasbyt en trots! Die hoërskoolspanne het gewys dat hulle nie terugstaan vir ’n uitdaging nie. Die rugby was hard en fisies, en elke hou is met gees gevat. Die hokkie was vinnig en intens – spel tot die laaste sekonde.

Rugby:

  • o.14A speel gelykop 3 -3 – geen span wou toegee nie!
  • o.15A wen 48–8
  • o.16A verloor 10–39
  • Tweedespan verloor 10–12
  • Eerstespan wen 21–10

Hokkie:

  • o.16A verloor 0–1 – afgestaan in die laaste ‘chukka’
  • Derdespan verloor 0 – 4
  • Tweedespan verloor 4 – 5
  • Eerstespan verloor 0–7

Hierdie is die tipe naweek waarvoor ons almal jaar na jaar uitsien. ’n Tyd waar oud-skoliere, families en vriende van ver en wyd terugkeer om saam langs die veld te kuier, te juig en die gees van Volkskool te beleef.

Interskole is meer as net sport – dit is herinneringe wat saam bou, tradisie wat ons koester, en trots wat elke generasie dra.

Meer Nuusberigte