Volkskool hardloop weg met die oorwinning! 🏃♂️🏃♀️
Vir die eerste keer in jare het Landloop weer deel gevorm van Interskole – en ons Volksies het gewys dat hulle nie net terug is nie, maar sterker as ooit!
Ons seuns het die eerste ses plekke losgehardloop, terwyl die meisies pragtig gevaar het met plek 2de, 3de en 4de. En dit alles uit ’n klein, maar kragtige span van slegs 7 seuns en 7 meisies!