Vandag het Hoër Volkskool se leerders weer hul moue opgerol vir iets groter as hulself – Bloedskenkdag. Met trots en ’n glimlag het Volksies in die ry gaan sit, en elke druppel was ’n geskenk van hoop.
Die leerders het dit self die beste opgesom: “Ons is lifesavers!” Daardie woorde het nie net in die saal weerklink nie, maar ook in die harte van almal wat deelgeneem het.
Elke sakkie bloed wat geskenk is, beteken ‘n lewe wat gered kan word – ‘n daad van onbaatsugtige liefde en samewerking.
Die dag was vol kameraadskap, moed en ’n sterk gevoel van trots. Dit is wie Volksies is: jongmense wat uitreik, wat omgee en wat die wêreld om hulle ligter maak.