‘n Paar weke gelede het Heroze, ons skool besoek. Die groep bestaan uit sanger Vernon Barnard en oud-volksie Petrus Wolfaardt of meer bekend as oom Pieta.
Die naam Heroze staan vir “He rose”. Hulle gaan by baie skole om waar hulle vir almal van die Here se liefde en genade vertel. Vernon is blind. Hy was in die Pioneerskool vir Blindes in Worcester en het in 2012 gematrikuleer. Op die ouderdom van sewe jaar het hy sy sig begin verloor en op sewentien het hy geen sig meer gehad nie. Vernon se lewensverhaal is dus nie ‘n verhaal van geluk nie en een van sy grootste struikelblokke was vrede in sy hart. Hy het dit op soveel plekke gesoek maar kon nie vrede vind nie. Vrede in sy hart het wel gekom die dag toe hy sy hero ontmoet het, naamlik Jesus. Vernon het sy hart vir die Here gegee en is geseën met ‘n wonderlike stem. Hy het deelgeneem aan “The Voice: South Africa” en so Suid-Afrika se harte verower.
Vandag gebruik Vernon sy talent om ander mense te inspireer.
Heroze het wel ‘n groot geskenk by HVS gelos. Kamer 12 beskik oor internettoegang wat na skool deur leerlinge gebruik kan word. Daar is ‘n “app” beskikbaar wat leerlinge op hulle fone kan aflaai. Geen data word benodig om toegang tot die Bybel asook geestelike musiek en videos op hulle fone te verkry nie. Dit is gratis vir HVS se leerlinge.
Baie dankie aan Herose vir julle inspirerende boodskap!

Meer Nuusberigte