Almal is dankbaar en baie opgewonde dat gewone buitemuurse skoolaktiwiteite weer op dreef is. ‘n Entoesiastiese groep Landsdieners het Woensdag 10 Maart 2021 aan ‘n “IN GRAAFF-REINET, SOWAAR!”-aktiwiteit deelgeneem.
Lede is in groepe verdeel en onder die leiding van ‘n groepleier is die spanlede geïdentifiseer deur middel van ‘n groepfoto. Daarna het elke groep ‘n koevert ontvang met instruksies oor die roete wat na bekende bakens in die dorp gevolg moet word. By elke baken moes inligting of ‘n item versamel word en ‘n groepfoto ingestuur word as bewys dat die regte roete gevolg is.
Die opgewonde groepe het met ‘n spoed weggetrek en dit was nie lank voordat die eerste foto’s begin vlieg het nie. Die foto’s getuig van gesonde pret en ‘n aangename spanbou aktiwiteit.
Die wens word uitgespreek dat soveel as moontlik leerders die talle geleenthede wat Hoër Volkskool, vir persoonlike ontwikkeling en dienslewering bied, sal benut in voorbereiding van hul toekoms as verantwoordelike en betrokke landsburgers van hierdie mooi land, Suid-Afrika.

Meer Nuusberigte