Dag 2 van die Hokkie Besigheidsliga het vandag op Volkskool se astro plaasgevind en weer vir opwinding gesorg! Die spanne het alles gegee en elke wedstryd was vol energie, vaardigheid en spanwerk.

Daarby het die dag ’n skaars gesig gebring – Dentists at Health Graaff-Reinet se feesdier, ’n vrolike hoender, het vir glimlagte en lag gesorg. ’n Gesig wat jy so skaars kry soos hoendertande!

Dankie aan almal wat vandag deelgeneem en ondersteun het. Ons sien uit na die volgende wedstryddae!

Meer Nuusberigte