Wat ’n heerlike begin! Volkskool het vanjaar met trots die heel eerste Theo Dörfling Aflosbyeenkoms aangebied – en dit was ’n reuse sukses. Die veld was gevul met energie, gees en sportmangees soos atlete van verskeie skole mekaar uitgedaag het in spannende aflositems.

Volkskool het die aand afgesluit deur die trofee huis toe te neem. ‘n Belonging vir harde werk, spanpoging en ware Volksie-gees!

’n Groot dankie aan Union, Asherville, Spandau en Gill wat saam met hul entoesiastiese atlete deel was van hierdie besondere aand. Julle deelname het hierdie nuwe Volkskool-tradisie ’n warm en feestelike begin gegee.

Met sulke geesdriftige deelname beloof hierdie byeenkoms om ’n jaarlikse hoogtepunt op die sportkalender te word. Volkskool is trots om deel te wees van ’n gemeenskap waar sport, spanwerk en saamwees só sterk leef.

Meer Nuusberigte