Met ’n uitsonderlike 85% het Arno Slabbert as Volkskool se toppresteerder in die Nasionale EBW-olimpiade uitgeblink.
Sy afsonderlike punte was Ekonomie 80%, Rekeningkunde 80% en Besigheidstudies 95% – ’n merkwaardige prestasie wat sy toewyding en harde werk weerspieël.
Volkskool is uiters trots op Arno se prestasie, wat nie net sy eie potensiaal uitlig nie, maar ook ’n bewys is van die gehalte onderrig en begeleiding wat ons leerders bemagtig om nasionaal uit te blink.