Die Graad 10- en 11-leerders in Landbouwetenskap het vandag die Junior Boerbok-kursus voltooi – ’n dag vol leer, insig en praktiese ervaring.
.Die leerder het kennis opgedoen oor rasstandaarde en prakties geoefen op ooie en ramme. Hulle moes positiewe en negatiewe eienskappe uitwys en leer onderskei tussen ‘n stoet, kudde en prul. Die kursus is afgesluit met ‘n teorie-eksamen. ‘n Ware toets van hul nuwe kundigheid
’n Groot dankie aan oom Pieter Nel, ’n gesiene boerbokboer en kursusaanbieder, vir sy tyd, kennis en passie wat hy met ons gedeel het. ’n Spesiale woord van waardering ook aan Magdel Nel, wat die bokke vir ons gereël en haar dag opgeoffer het om hierdie ervaring moontlik te maak. Abie en Marichen Nel het die dag verder verryk deur vir die leerders middagete aan te bied – ons waardeer dit opreg.
Hierdie dag was nie net ’n kursus nie, maar ’n kosbare belewenis wat ons jong landbou-entoesiaste se kennis en liefde vir die boerderywêreld verdiep het.

