Gisteraand is die dames van Volkskool se personeel bederf met ’n heerlike kuier by The Coldstream Restaurant, waar die bekende pretspreker Elsabé Aldrich die verhoog betree het.
Met haar unieke tema ” Die lekkerte en gekkerte van vrouwees”, het sy die gehoor laat lag, luister en weer besef hoe kosbaar en mooi vrouwees is. Die aand was ‘n kombinasie van ligte oomblikke, waardevolle insigte en ‘n atmosfeer van saamwees.
’n Onvergeetlike ervaring vir ons personeel en ’n herinnering dat dit goed is om soms net lekker te lag en die lewe te vier.

