’n Groot gelukwensing aan Rudolph-Hein van Eeden wat sy SAMSA Skipperslisensie Kategorie C verwerf het! Hierdie lisensie maak dit vir hom moontlik om ’n enjinaangedrewe boot van minder as 9 meter vir 15 seemyl te vaar, met die ekstra vaardigheid om dit vanaf die strand te laat te water (surf launch). Daarby het hy ook sy ICASA-radio-operateurslisensie suksesvol verwerf.

Om hierdie prestasie te bereik, het Rudolph-Hein drie geskrewe en drie praktiese eksamens geslaag, 30 ure se praktiese ervaring op die see opgedoen en 12 uitdagende “surf launches” in verskillende see- en strandtoestande voltooi. ’n Ware getuienis van deursettingsvermoë, vaardigheid en moed!

Ons is trots op jou, Rudolph-Hein – op die see, soos in die lewe, vaar jy met trots en vaardigheid!

Meer Nuusberigte