Daar is niks so lekker om ‘n skooldag bietjie kleur te gee soos sport of kultuur nie.

Verlede Vrydag het die Volksmond (ATKV-jeugtak) dit goed gedink om Moedertaaldag met niks anders as ‘n danskompetisie te vier nie. Die Afrikaanse liedjies het beslis elke skolier se litte los gekry en verskeie skoliere het hulle danspassies ten toon gestel.

Hannes en Jani van der Merwe was die vasdans-wenners, terwyl Curtley Jacobs koning onder die losdansers gekraai het.

Meer Nuusberigte