Die room van Oos Kaap se Hoërskool atlete het van 6 tot 9 Maart 2018 op NMU se baan in Port Elizabeth meegeding.  Baie goeie prestasies is gelewer wat goeie uitslae vir die provinsie voorspel by die SA Hoërskole Kampioenskappe in Potchefstroom.

Shirwen van Staden, spogatleet van Hoër Volkskool, was een van die uitblinkers van die byeenkoms.  Hy verower twee goue medaljes in die seuns O/19 afdeling.  Hy wen die 100m in ‘n baie vinnige 10,4 sekonde.  Sy wentyd in die 200m was 21,99 sekonde.  In die dogters O/15 afdeling het Marni van der Merwe twee medaljes gewen.  Sy wen die 100m in 12,6 sekonde en eindig tweede in die 200m in 26,50 sekonde.  Die goeie prestasies in die naellope is voortgesit deur Caryn Swartz met ‘n derde plek in die 200m dogters 0/17 met ‘n tyd van 28,10 sekonde.  Sy behaal ook ‘n vierde plek in die 100m. Cullen August het vierde geëindig in die 100m seuns 0/19.

Medaljes is in veldnommers verower deur Chris Burger met ‘n silwer medalje in spiesgooi S/17 (48,57 meter) en Jay- dee Jooste ‘n brons medalje in driesprong S/17 (12,33 meter).  Jay- dee behaal ‘n vierde plek in hoogspring (1,85 meter).

Die volgende atlete was almal vierde in hulle onderskeie items:

Lafras van Rooyen              diskus                        S/19                34,83 meter

Caryn Swartz                        verspring       D/17                4,77 meter

Dané Thiart                           gewigstoot     D/15                9,98 meter

Meer Nuusberigte