Drie van ons leerders – Elgemayne Solomons, Kayden Job en Chaendré Damons – het hulle taalvernuf gewys en deurgedring na die Provinsiale uitdunne wat op 30 Augustus by Hoërskool Cillié in Port Elizabeth plaasgevind het.
Alhoewel geen van hulle vanjaar tot die finale rondte deurgedring het nie, het hulle met groot ywer, trots en waardigheid deelgeneem. Hulle het die Volkskool-gees sterk laat blyk en ons naam hoog gehou.
Ons sê dankie en baie geluk aan Elgemayne, Kayden en Chaendré – julle is ware Volksies!