Uit die Trui van 1965 tot Vandag: ‘n Rugby-erfenis.

Die klasmaats van die 1965-matriekklas het vanjaar hul 60-jaar reünie gevier. Die rugbykaptein van daardie jaar was deel van die groep. Vrydagaand, 15 Aug, het die eerste rugbyspan die voorreg gehad om hierdie eertydse kaptein te ontmoet en met ñ stewige handdruk is hulle voorspoed toegewens.

Deel van die onthou is dat mnr. GT Ferreira, 60 jaar gelede as kaptein in die nommer 13-trui met sy span op die Union rugbyveld uitgedraf het. Die eindfluitjie het geblaas met die telling 6 elk.

Vanjaar se kaptein, Hannes van der Merwe, het ook in die nommer 13-trui, met sy span op Union se rugbyveld uitgedraf. Die eindtelling was 21 – 10 in Volkskool se guns.

📸 Mnr. GT Ferreira en Hannes van der Merwe tydens Vrydagaand se funksie en na die wedstryd.

Meer Nuusberigte