Met groot trots is die Leerlingraad vir 2026 vandag aangekondig. Hierdie groep leerders gaan in die komende jaar die leiding neem en saam bou aan ’n skoolgemeenskap waar gees, samewerking en trots die hartklop vorm.
Die aanwysing van Volkskool se hoofseun en hoofdogter vir 2026 sal tydens ons jaarlikse prysuitdeling bekend gemaak word. Dit is ‘n besonderse oomblik waarna ons almal met opgewondenheid uitsien.
Baie geluk aan elke nuwe lid van die Leerlingraad. Julle dra nou die fakkel van leierskap en ons weet dat julle met trots, waardes en passie sal lei.


