Ons ATKV- en Landsdiens lede het vandag vir groot opwinding by Huis van der Graaff gesorg toe hulle saam met die inwoners ’n heerlike BINGO-sessie gespeel het. Die atmosfeer was vrolik en gesellig – elke nommer wat uitgeroep is, is met afwagting gevolg en daar was groot vreugde wanneer iemand ’n wen lyn voltooi het.
Vir die leerders was dit ’n spesiale geleentheid om tyd, aandag en warmte met die inwoners te deel. Vir die inwoners was dit ’n dag vol laggies, stories en geselskap wat lank onthou gaan word.
By Volkskool glo ons dat diensbaarheid en saamwees waardevolle lesse is – en vandag se BINGO by Huis van der Graaff was die perfekte herinnering daaraan.