Volkskool is besonder trots om vyf van ons toegewyde opvoeders geluk te wens met hul aanwysing as nasionale merkers vir die 2025-eksamens. Hierdie erkenning is nie net ’n groot eer nie, maar ook ’n bewys van die gehalte en kundigheid wat ons personeel daagliks uitleef.

Baie geluk aan:

  • Mnr. Neil Schreeder, aangestel as moderator vir Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)
  • Me. Ilse Nel, adjunkhoofmerker vir Rekeningkunde
  • Me. Estene Coetzee, senior merker vir Wiskundegeletterdheid
  • Me. Suliza van Wyk, senior merker vir Engels Eerste Addisionele Taal
  • Mnr. Tiaan van Zyl, merker vir Besigheidstudies.

Hierdie aanwysings bevestig die hoë standaard van akademiese uitnemendheid waarop Volkskool trots is. Ons waardeer elke onderwyser se toewyding, harde werk en passie om leerders se volle potensiaal te ontwikkel.

Volkskool sê baie geluk – julle maak ons ongelooflik trots!

Meer Nuusberigte