Vandag het Volkskool met hart en gees saamgestaan vir ’n saak wat naby aan baie harte lê. In samewerking met die Kankervereniging van Graaff-Reinet het leerders en personeel deelgeneem aan ’n besondere fondsinsamelingsprojek om bewusmaking vir kanker te bevorder.
Vir elke tien lengtes wat geswem is, is R10 aan die Kankervereniging geskenk – en ons Volksies het behoorlik hul slag gewys in die swembad! Die energie en opgewondenheid was aansteeklik, met koue waterdruppels, glimlagte en baie gees.
Asof dit nie genoeg was nie, het die dag uitgeloop op ’n vrolike pienk klereoorlog, waar leerders deur wolke van pienk poeierruimtes gehardloop het. Lag, kleur en samehorigheid het die veld gevul – ’n herinnering dat ons as Volkskoolgemeenskap altyd saamstaan wanneer dit regtig saak maak. Vandag was meer as net ‘n dag vol pret – dit was ‘n dag van omgee, onthou en hoop












