‘n Simboliese ontmoeting tussen Laer- en Hoër Volkskool se leiers.

Op 3 November het die Hoofseun en Hoofdogter van 2026 van Hoër Volkskool ’n draai gaan maak by Laer Volkskool se nuwe leiers vir 2026.

Die besoek was ‘n besondere oomblik vol trots en verbondenheid tussen die twee skole. Die jong leiers het mekaar gelukgewens en sterkte toegewens vir die nuwe rolle wat op hulle wag.

Met hierdie vriendelike gebaar is die sterk band tussen Laer en Hoër Volkskool weer bevestig – ’n band van trots, leierskap en ware Volkskoolgees.

Meer Nuusberigte