Hoër Volkskool se jong ekonome en rekenmeesters het weer eens hul staal gewys in die jaarlikse Proverto Nasionale Olimpiade.
Drie van ons senior Rekeningkunde-kandidate het tot die gesogte finale rondte deurgedring: Charl Conradie (gr. 11), Jayde Minnies (gr. 10) en Elné Viljoen (gr. 10). Uit die 1 908 graad 10-deelnemers landswyd het slegs 724 leerders die tweede rondte gehaal – ’n prestasie op sy eie. Jayde en Elné het boonop bo die nasionale gemiddeld van 62% presteer.
Vir die eerste keer in 2025 is daar ook ‘n graad 9 – EBW Nasionale Olimpiade aangebied, waaraan 1671 leerders landwyd deelgeneem het. Van die 11 Volkskool-deelnemers het die volgende bo die nasionale gemiddeld van 67% gevaar: Pieter Fourie(gr.8) Nushaan Beyers, Daniël Nel, Monique Nell, Arno Slabbert en Sarah van Eeden.
Hierdie uitslae getuig van harde werk, deursettingsvermoë en die gehalte onderrig wat Volkskool se leerders bemagtig om nasionaal te skitter.