Vandag het Volkskool se eerste en tweede tennis-spanne hulle Interskole-wedstryde teen Union gespeel. Ons spelers het alles gegee op die bane, en die dag was vol opwinding en sterk kompetisie.
In die seuns-dubbels het die eerstespan ‘n sterk oorwinning van 7-2 behaal, terwyl die 2de span met ‘n nou telling van 4-5 verloor het.
In die dogters-dubbels het beide spanne dapper vasgebyt, maar ongelukkig met 0–9 verloor.
Die gemengde dubbels was ’n uitdaging, met albei spanne wat hul wedstryde 1–5 verloor het.
Baie geluk aan ons spelers vir hul sportmanskap en trots waarmee hulle Volkskool verteenwoordig het.