Die Hoër Volkskool Boogskietklub het Saterdag, 26 Mei, ’n baie suksesvolle kompetisie aangebied – en ons eie skuts het behoorlik gewys wat in hulle steek!
Hier’s hoe hulle gevaar het:
Laerskool Meisies:
![]()
Helen Grobbelaar vat twee goud! Sy skiet ’n persoonlike beste van 283 – tweede hoogste telling van die dag! Net een skut was beter… en hy’s in die SA span!
![]()
Mia Lategan vat twee keer brons – mooi so!
Laerskool Seuns:
![]()
Christiaan Marais met twee brons!
Hoërskool Meisies:
![]()
Danél de Koker vat twee goud,
![]()
Karli van Rooyen bring twee brons huis toe!
Senior Vroue:
![]()
Carol Cronje neem ook twee brons – ‘n mooi prestasie!
Ons is ongelooflik trots op elkeen wat deelgeneem het – julle maak ons skoolnaam blink!

