Hoofleiers 2024

Na afloop van Hoër Volkskool se  2023 prysuitdeling, is die hoofleiers vir 2024 aangekondig. vlnr: Jan-Theo van Tonder – onderhoofseun, Jani van der Merwe – hoofdogter, Xander Keyser – Hoofseun en Zanri Groenewald – onderhoofdogter. Dit is ‘n baie sterk leierspan en ons glo hul sal die skool en sy leerlinge tot verdere hoogtes lei.…

Lees Meer

Huiskomitee 2024

Op Donderdag, 12 Oktober 2023, het Huis Cronjé hulle koshuisdinee gehou, waartydens die huiskomitee vir 2024 aangekondig is. Baie geluk aan die volgende leerders: (Foto vlnr) Carla van Tonder, Lisa Steynberg, Anya Cornelius, Saré Viljoen (onderhoofmeisie), Jani van der Merwe (hoofmeisie), Zak Wolfaardt (hoofseun), Jan-Theo van Tonder (onderhoofseun), A.J. de Jager, Pieter van der Merwe,…

Lees Meer

ATKV Karoo Toneelfees

Hoër Volkskool Graaff-Reinet het die afgelope vakansie aan die ATKV Karoo Interskole Toneelfees in die Apollo Teater met sy ryke geskiedenis te Victoria-Wes deelgeneem.Die groep is groot lof toegesing deur die uiters bekwame beoordelaars uit die Suid-Afikaanse vermaaklikheidswêreld, naamlik Danielle Retief ( 7de Laan), Rowlen von Gericke (Getroud met Rugby) en die joernalis Rasaad Adams.Harde…

Lees Meer

HVS 7’s Rugby

Baie geluk aan Hoër Volkskool wat die Blikkies 7’s Rugbytoernooi gewen het.Geluk aan ons afrigter, Jaco van Schalkwyk met jou span se trofee! Dankie, Bertus Pretorius, vir jou aandeel in die span se prestasies.

Lees Meer

Raptors Martial Arts

26 September het Raptors Martial Arts klub in Graaff-Reinet hul jaarlikse gradering gehou. Die volgende deelnemers het gradeer na die volgende belt: Renaldo van der Westhuizen – Geel Jean van Wyngaardt – Geel 2 Gert Theron – Geel 2 Reaglin Maarman – Oranje Mikha Enslin – Oranje. Reaglin en Mikha het van geel na oranje…

Lees Meer

A-Liga Swemgala

Die naweek van 21 September het Chris de Wet en Kate-Lynn Kruger deelgeneem aan die A-Liga swemgala te Gqeberha. Albei het podiumplekke behaal en ‘n paar van hul persoonlike beste tye verbeter. Chris het gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Vlak 2 Swemgala 2024 en Kate-Lynn vir die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Swemgala in 2024.

Lees Meer

Eksamen wense

Die graad 12-leerders was na afloop van hulle eksamen gister, elkeen met ‘n heerlike kolwyntjie en ‘n spesiale eksamenboodskappie bederf. Tannie Ingrid Boshoff het namens NG Graaff-Reinet die kolwyntjies kom uitdeel. Baie dankie aan die NG Gemeente vir julle omgee en aanmoediging.

Lees Meer

Dans

Kate-Lynn Kruger, ‘n graad 8-leerling aan Hoër Volkskool, het vanaf 21 tot 26 Augustus 2023 aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival deelgeneem. Sy is ook lid van die Chinelle School of Dancing, te Graaff-Reinet. Hierdie jaar was dit die 42ste weergawe van die Nelson Mandela Bay Dance Festival en vir die afgelope 30 jaar…

Lees Meer