Hoër Volkskool het op Woensdag, 24 Januarie hul jaarlikse kleure atletiekbyeenkoms aangebied. Ondanks die karooson wat vir hoë temperature gesorg het, het dit geensins die Volksie-atlete terug gehou nie. Deelname aan dié geleentheid was ‘n rekord opsig self. Dit het met goeie gees en uitstekende prestasies gepaard gegaan, wat van die dag ‘n belewenis gemaak…
Lees MeerDie volgende graad 8-leerders het met die intrapslag by Hoër Volkskool, goeie leiereienskappe getoon en is deur hul jaargroep tot die junior leerlingraad vir 2024, verkies. Hulle het op Maandag, 29 Januarie hul eed afgelê.HVS wens elkeen van hierdie leerders ‘n suksesvolle termyn toe.Foto (vlnr): Chelsea Hendricks, AW Lambrechts, Arno Slabbert en Monique Nell.
Lees MeerHVS-swemmer, Kate-Lynn Kruger, het gedurende Desember 2023 aan die Nelson Mandela Bay Championship swemgala in Gqebera deelgeneem, waar sy oudergewoonte haar beste gegee en baie goeie tye opgestel het. Sy het ook vroeg vanjaar aan die A-liga swemgala, in Gqebera, deelgeneem. Tydens hierdie byeenkoms het sy twee eerste plekke, ‘n tweede plek en ‘n derde…
Lees MeerDit is híer, in die eetsaal van Huis Cronje, waar jou kind tuis en welkom is. Híer waar jy lag oor die dag se mannewales, onmisbare vriendskappe koester en daagliks smul aan gebalanseerde, tuisgemaakte maaltye wat Huis Cronje soos huis laat voel.
Lees MeerHannes van der Merwe (graad 10) het op 25 November 2023 en 14 Januarie 2024 aan tweekampligabyeenkomste te Port Elizabeth deelgeneem en baie goed gevaar. Hy is in die OP tweekampspan opgeneem en sal aan ‘n interprovinsiale tweekampbyeenkoms te Oudtshoorn op 3 Februarie 2024, deelneem. Baie geluk, Hannes en sterkte met jou voorbereiding vir die…
Lees MeerZenke Enslin, as die Top Presteerder van Hoër Volksool, is met trots aangewys as die Top Student in die Sarah Baartman-distrik. Sy gaan Fisioterapie aan die Universiteit van Kaapstad studeer, maar is vasbeslote om haar langtermyn doelwit, naamlik mediese studies te verwesenlik.Zenke Enslin (Gem 88,9%)Afrikaans HT 87%English FAL 88%Lewensoriëntering 87%Wiskunde 90%Fisiese Wetenskap 89%Lewenswetenskap 85%Rekeningkunde 96%Sy…
Lees MeerEen van Volkskool se doelwitte is om as top presterende skool in die platteland bekend te staan en ons is vinnig besig om ons doelwit te bereik.Die Top 10-kandidate is as volg: Baie geluk aan die Matriekklas van 2023 met julle goeie uitslae!
Lees MeerHoër Volkskool se tennisspeler, Alecia Louw (derde van links), is ingesluit in die Oos-Kaap o.15 tennisspan. Die span neem tans in Pretoria aan die nasionale IPT deel en het hul wedstryde teen die Vrystaat en Natal verloor maar hulle wedstryde teen Zimbabwe gewen.Alecia vaar baie goed in haar enkelwedstryde.Baie sterkte aan Alecia en haar spanmaats…
Lees MeerTwee van Hoër Volkskool se swemmers het die afgelope naweek aan die Top 8-gala in Port Elizabeth deelgeneem. Deelname aan hierdie gala is slegs op uitnodiging en is dit ‘n besonderse prestasie om slegs te kan deel neem. Nietemin het hierdie twee swemmers hul skool trots gemaak met die volgende prestasies:Lara Vosloo behaal ‘n 6de…
Lees Meer