Vier van Hoër Volkskool se tennisspelers het die naweek aan die Synergy Cup te Mosselbaai deelgeneem. Chenoa Jeffrey (gr en Pieter Nel (gr 9) het die Oos-Kaap (Elephants) o.15-span by hierdie toernooi verteenwoordig. Hulle span eindig algeheel vierde in die toernooi. Louwen Wolfaardt en Luan Hanekom, albei gr 10-leerders het in die Oos-Kaap (Elephants )…
Lees MeerMaandag, 18 Maart 2024 het die leerlingraad van Hoër Volkskool, die jaarlikse skakeling met Union High School se leerlingraad, aangebied. Hierdie geleentheid word vir die leiers van die twee skole gereël, om mekaar beter te leer ken. HVS se leiers het UHS se leiers die stryd op die rolbalbaan aangesê. Lede van die Graaff-Reinet Rolbalklub…
Lees MeerDie o.16A-hokkiespan van Hoër Volkskool, het die afgelope naweek aan die jaarlikse o.16 toernooi wat deur Hoërskool Pearson te Gqeberha aangebied is, deelgeneem. Die stad, bekend as ‘The Windy City’ het nie teleurgestel nie! Ten spyte van die sterk wind, het ons spelers hul passie en vasberadenheid op die veld gewys en die volgende goeie…
Lees MeerVincent Pienaar, het na sy indrukwekkende wen van die 100m seuns o.15-uitdun tydens die Oos-Kaap Atletiekbyeenkoms te Queenstown, ‘n silwer medalje in die 100m-finaal verower. Vincent is in die Oos-Kaap Atletiekspan ingesluit wat aan die SA Kampioenskappe vanaf 3 – 6 April in die Paarl gaan deelneem. Baie geluk Vincent.
Lees MeerTiaan Fourie het vanaf 28 Februarie tot 2 Maart 2024 aan die Nasionale Ruiterkunsproewe te Riversdal deelgeneem. Die kompetisie het oor vier dae gestrek waar ruiters die eerste twee dae op hulle eie perde en daarna op vreemde perde deelgeneem het. Tiaan is vir die Senior Vyfgang Proteaspan gekies, wat later vanjaar aan die Saddle…
Lees MeerAansoeke word ingewag: Onderwyspos (Posvlak 1 – Beheerliggaam). Verbruikerstudie Graad 10-12.
Lees Meer‘n Spoggerige aand vol Afrikaanse musiek, leerders wat in deftige klere uitgevat is, heerlike kos en asemrowende dekor. Dit is niks anders as die ATKV-Volksmond se jaarlikse Langtafelete nie.Die Langtafelete was op 29 Februarie by Hoër Volkskool gehou. Die saal het die tema, Melkweg in die Karoo, weerspieël. Leerders van verskeie skole kon saam met…
Lees Meer‘n Klein groepie van Hoër Volkskool se skuts het Saterdag, 2 Maart 2024, aan die Daniel Pienaar en Tiere Ope boogskietkompetisies te Uitenhage deelgeneem. Daar was ‘n totaal van 35 skuts. Die weersomstandighede was uitstekend en die skuts het hulle taak voortreflik verrig.Daniël Pienaar Ope uitslae: Hoërskool afdeling:Dogters: Mikha Enslin: BronsSeuns: John Read: BronsConrad Kleyn:…
Lees MeerOp Vrydag 1 Maart 2024, het Hoër Volkskool se leerlingraad ‘n Wêreldbiddag vir Vroue geleentheid aangebied. Ruth Maya, van Migdalor Ministries in Graaff-Reinet, het ‘n baie treffende boodskap aan die meisies gebring. Die seuns is bedien deur pastoor Phillip Jonker, van die plaaslike AGS Kerk. Dit was ook ‘n baie positiewe boodskap. Temzynne Juries, lid…
Lees MeerKom kuier saam met rugbylegendes, Andrew Paterson en De Wet Barry! Op Vrydag, 5 April 2024 bied Volkskool Rugby ‘n MANNE-AAND by Hoër Volkskool aan. ‘n Gesellige kuier rondom die vuur, goeie geselskap en ‘n heerlike ete is by die kaartjie ingesluit. Jy gaan beslis baat vind by Andrew se inspirerende praatjie en De Wet…
Lees Meer