Uithourit

Lehan de Beer, ‘n graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het Saterdag 1 Junie aan die Lormar Uithourit, in Middelburgdistrik deelgeneem. Hy het 80 km suksesvol met sy perd, GNU Gabbi, voltooi.Die baan was baie tegnies en het die ruiters en perde se energie en fiksheid getoets. Die uiters koue temperature het ook die voltooiing van…

Lees Meer

Gevegskuns

Sewe van Hoër Volkskool se leerders het die afgelope naweek aan die ISKA NMA OP Kampioenskappe deelgeneem. Hierdie gemengde gevegskunstoernooi het as provinsiale proewe vir die Nasionale toernooi wat later in die jaar plaasvind, gedien. Leerders het die volgende prestasies behaal:Leshandre Roman1 x silwer (MMA Light Fighting)Renaldo van der Westhuizen1 x goud (Points)1 x goud…

Lees Meer

NG Kerk Uitreik

Die graad 12-klas van 2024 het op Dinsdag, 11 Junie hul eerste eksamen vir die jaar afgehandel. Die NG Kerk Graaff-Reinet, het elke graad 12-leerder met ‘n baie oulike kaartjie en ‘n soet dingetjie bederf, om die einde van die akademiese tyd af te sluit.Baie dankie vir hierdie bederf! Die matrieks se oëies het behoorlik…

Lees Meer

Debat

Chris de Wet en Ilze Vorster, twee leerders van Hoër Volkskool, het gister na Durbanville vertrek. Hul neem vandag aan die semi-finale rondte van die ATKV Debatkompetisie, teen Hoërskool Outeniqua deel. Baie sterkte!!

Lees Meer

Rugby

Na afgeloop van die naweek se Meyer Sauerman Rugbytoernooi wat in Kariega aangebied is, kondig Hoër Volkskool met trots aan dat Jan-Theo van Tonder, in die Oostelike Provinsie se 0.18 Cravenweekspan ingesluit is. Die span neem by Hoërskool Monument in Krugersdorp, vanaf 24 – 29 Junie 2024 deel. Baie geluk, Jan-Theo!

Lees Meer

Rugby

Curtley Jacobs (o.16), Jan-Theo van Tonder (o.18), Hannes van der Merwe, (o.16), AJ de Jager (o.18) en Pieter van der Merwe (o.18), is gekies om aan die finale rondte OP rugbyproewe deel te neem. Die proewe vind by Daniel Pienaar Tegniese Hoërskool te Kariega, as deel van die Meyer Sauerman Toernooi plaas. Baie geluk met…

Lees Meer

Sportuitslae

Die afgelope naweek het Hoër Volkskool hokkie teen Hoërskool Framesby op ons tuisveld gespeel. Die kompetisie was baie straf en ons hokkiepelers het ‘n baie goeie geveg opgesit. Die tellings is nie ‘n weerspieling van die tipe hokkie wat op die dag gespeel is nie. Die o.16B-span verloor 0 – 2, die o.16A span verloor…

Lees Meer

Bokkieweek

Armand Nell, AW Lamprechts, Arno Slabbert en Cobus Viljoen (foto), is verkies tot die AVS Griekwaspan wat aan die jaarlikse Bokkieweek gaan deelneem. Hierdie kranige 0.14 rugbyspelers van Hoër Volkskool, neem deel aan die dertigste vieringe van hierdie toernooi. Die toernooi skop 24 Junie 2024 af en duur tot en met 28 Junie 2024, in…

Lees Meer

Netbal

Jamie-Lee Gerber het deurgedring tot die laaste rondte netbalproewe. Sy is tans deel van die Sarah Baartman span. Die proewe vind die naweek plaas te Hoërskool Hangklip in Queenstown. Baie sterkte vir die laaste rondte en baie geluk met jou prestasie sover!

Lees Meer

Bloemfontein Skou

Tydens die Suid Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskappe by Bloemfontein Skou het 3 van Hoër Volkskool se leerders baie goed presteer. Dit is die grootste Ope Lug skou ter wêreld. Hul uitslae is as volg: Tiaan Fourie eindig 8ste in 3 Gang Natuurlike Maanhare en Stert Ruiters 18 jaar en onder, en 4de in 3 Gang…

Lees Meer