Maandag 4 November 2025 om 18:00 Skoolsaal
Lees MeerJohndré Ludick het die Dimension Data Seuns o.19 Kompetisie deelgeneem. Die kompetisie het te George, in die Wes-Kaap plaasgevind. Hy het tellings van 66 by die George Gholfklub, 74 by Kingswood Gholfklub en weer 70 by George Gholfklub behaal, met ‘n totaal van -6. Dit is ‘n baie goeie telling! Baie geluk, Johndré!
Lees MeerDie o.15 krieketspan Gill College (Somerset-Oos) het op ons tuisveld teen HVS se o.15-span kragte gemeet. Die kaptein van Gill College het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die besoekers kon slegs 68 lopies aanteken.Die kolwers van HVS het goed gevaar en die beste kolwer op die dag was AW Lambrechts wat…
Lees MeerOp 16 Oktober was die personeel van SANBS by die Volksie. Soos elke keer tydens hulle besoek, het baie van HVS se leerders en personeel gaan bloed skenk, om so ‘n groot verskil in mense se lewens te maak.Baie dankie aan elkeen wat keer op keer die SANBS ondersteun.
Lees MeerTydens die vakansie het vier van HVS se rugbyspelers as deel van die Griekwa’s se o.14 7’s rugbyspan aan die Bokkieweek se Somerweek deelgeneem.Die spanlede is Arno Slabbert, Cobus Viljoen, AW Lambrechts en Armand Nell. Hulle het elf wedstryde in ‘n rondomtalietoernooi gewen. Die span eindig in die semi-finaal teen Wes-Transvaal en speel gelyk 12-12.…
Lees MeerLeerders van Hoër Volkskool het onlangs aan die 2024 AGA Suid-Afrikaanse Nasionale boogskiettoernooi deelgeneem. Die kompetisie het uit twee afdelings bestaan, naamlik die Interprovinsiale Bullseye-kompetisie en die Nasionale Interskole bullseye- en 3D-kompetisie. HVS se 3D-span het ‘n algehele 20ste plek behaal.Leerders wat erekleure vir boogskiet ontvang, is as volg:Foto: Agter: Danel de Koker, John Read,…
Lees MeerVier van Hoër Volkskool se leerders het die afgelope naweek aan die KOSA Kompetisie (Kickboxing Organization of SA) te Despatch deelgeneem.Klub Raptors van Graaff-Reinet was een van 11 klubs uit die Oos- en Wes-Kaap wat deelgeneem het.Die volgende medaljes is vir “Points fighting” asook “Continuous fighting” ontvang:Leshandre Roman :2 x Silwer medaljesReaglin Maarman:2 x Goue…
Lees MeerMonique Nell en Kate-Lynn Kruger het aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival deelgeneem. Hierdie fees word te Gqeberha by die Savoy teater aangebied. Daar neem ongeveer 1600 dansers aan hierdie fees deel.Hoër Volkskool se dansers, onder leiding van me Chinelle Marais van Chinelle School of Dancing, het uitstekende dans-items gelewer.Monique stap weg met 1…
Lees MeerChris de Wet het aan die vierde A-liga gala te Gqeberha deelgeneem. Hy het aan sewe items deelgeneem en het in elke item ‘n eerste plek behaal.Items waaraan Chris deelgeneem het is die 100m rugslag, 50m borsslag, 100m vryslag, 50m vlinderslag, 200m individuele wisselslag, 100m borsslag en 200m borsslag.Welgedaan Chris!!
Lees MeerKate-Lynn Kruger het aan die derde A-liga swemgala te Gqeberha deelgeneem. Sy vaar uitstekend en behaal vyf persoonlike bestes uit die ses items waaraan sy deelgeneem het.Sy behaal ‘n derde plek in die 100m rugslag, tweede plekke in die 100m vryslag en die 200m individuele wisselslag. Sy behaal eerste plekke in die 50m rugslag, die…
Lees Meer