Atletiek

AW Lambrechts skitter op nasionale vlak! AW Lambrechts het gedurende die afgelope vakansie aan die Suid-Afrikaanse Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. Hy het die Oos-Kaapspan verteenwoordig in die o.15 Spiesgooi-afdeling. Met ‘n indrukwekkende afstand van 46,16 meter het hy ‘n algehele 8ste plek behaal. Baie geluk, AW! Ons is ongelooflik trots op jou prestasie!

Lees Meer

Afrikaans word 100

Afrikaans Word 100 – Moet dit nie misloop nie! Kaartjies is nou beskikbaar:By die skoolkantoor teen R120Hierdie is ’n eens-in-’n-leeftyd geleentheid – Afrikaans word net een keer 100 jaar oud. Ons nooi jou uit om saam met ons te kom vier!

Lees Meer

Hokkie: ECHS Hokkietoernooi Opsomming

Hoër Volkskool se hokkiespan het tydens die afgelope vakansie aan die ECHS Hokkietoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Die Vrystaat het vir koue en nat toestande gesorg, maar ons dogters het dapper gestaan!Wedstryd-uitslae: Spesiale vermelding:Alecia Louw is aangewys as speler van die toernooi! Baie geluk aan ons span – ons is trots op julle deursettingsvermoë en gees!

Lees Meer

Hokkie

OPSOMMING VAN UNION HIGH SCHOOL SE JAARLIKSE SENIOR RUGBY- EN HOKKIEFEES Dit was ‘n wonderlike ervaring om soveel wedstryde te speel en waardevolle ondervinding op ons tuisdorp op te doen!

Lees Meer

OP Hokkie

Alecia Louw (graad 10) is gekies as lid van die Oostelike Provinsie o.16A hokkiespan. Uné Groenewald is gekies as lid van die Oostelike Provinsie o.14B hokkiespan. Baie geluk Alecia en Uné. Ons is trots op julle!

Lees Meer

Oakdale Rugbytoer

Ons rugbyspan vertrek vandag na Riversdal, om deel te neem aan die Oakdale Rugbyweek. ’n Spesiale dankie aan:NUTRITECH vir julle ruim borgskap!Vleispaleis vir die span se toksakke! Sterkte, manne! Weet dat die hele skool agter julle staan. Gee julle alles op die veld!

Lees Meer