SUKSESVOLLE DRIEËDRUKDAG VIR HVS

Hoër Volkskool se jaarlikse drieëdrukdag het op Vrydag, 21 Februarie 2025 plaasgevind en was ‘n reuse sukses. Die skool se rugbyspanne het puik vertonings teen Spandau Secondary School, Asherville Secondary School en Muir College Boys’ High School, Kariega gelewer. Die o.14A- en o.15A-spanne het albei hul twee wedstryde teen Spandau en Asherville gewen. Die o.16-span…

Lees Meer

Tweekamp

Rudolph-Hein van Eeden het op 23 Februarie aan die OP Tweekamp Kampioenskappe deelgeneem. Hy het in beide die swem en hardloop persoonlike beste tye vir die seisoen aangeteken en het algeheel vierde geëindig. Na afloop van die OP Kampioenskappe is die OP-span vir die SA Kampioenskappe aangekondig. Rudolph-Hein is in hierdie span vir seuns o.19…

Lees Meer

Sarah Baartman Atletiek

Die Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms het op 14 Februarie 2025 in Port Elizabeth plaasgevind en Hoër Volkskool se atlete het weereens puik prestasies behaal.Prestasie van die atlete: Gekose atlete vir die OP-Kampioenskappe in Queenstown (13-15 Maart): Baie sterkte aan hierdie atlete met hul deelname aan die OP-Kampioenskappe! Mag hulle voortgaan om hul skool met trots te…

Lees Meer

Karoogala

Die afgelope week het Hoër Volkskool die jaarlikse Karoogala op tuisbodem aangebied. Tydens die byeenkoms in die swembadkompleks, was die gees baie opwindend, met verskillende skole wat in taai stryd gewikkel was! Hoër Volkskool het baie goed in die gala gevaar. Die uitsale is as volg: Dogters:Derde plek: Gill College: 92 punteTweede plek: Union High…

Lees Meer

Volksies vier Valentynsdag

Die graad 11’s het op Donderdagaand, 13 Februarie, die liefdesvlamme by Hoër Volkskool hoog laat brand deur ñ sokkie ter viering van Valentynsdag aan te bied. Dit was ñ graad 11-fondsinsameling vir die matriekafskeid wat later vanjaar deur hulle aangebied word. Dit was ñ heerlike aand en leerders het dit in groot getalle bygewoon. HVS…

Lees Meer

Camdeboo Atletiekbyeenkoms

Die Camdeboo Atletiekbyeenkoms het op 8 Februarie plaasgevind en was ‘n reuse sukses vir Hoër Volkskool. Die atlete het met uitstekende prestasies gespog en ‘n totaal van 25 eerste plekke en 22 tweede plekke behaal.Uitblinker-atlete:

Lees Meer

Interskole Swemgala

Verlede Dinsdagmiddag om 17:00 het Laer- en Hoër Volkskool kragte teen Union High in die swembad gemeet. Dit was ‘n baie lekker middag-aand swemgala en ons swemmers het uitstekend gevaar.In die hoërskool afdeling het Hoër Volkskool ‘n totaal van 395 punte bymekaar gemaak terwyl Union High slegs 318 punte gekry het.Hannes van der Merwe het…

Lees Meer

HVS Rugby – Drieëdrukdag

Op Vrydag 21 Februarie 2025, neem Laer Volkskool Graaff-Reinet en Hoër Volkskool Graaff-Reinet aan ‘n drieëdrukdag teen spanne van ander plaaslike skole deel.Toeskouers kan uitsien na: ★ Rugby★ Snoepie★ Heerlike sosaties, pasteie en slap tjips Plek: Hoër VolkskoolDatum: Vrydag 21 Februarie 2025Tyd: 13:30 Drostdy Toyota-Graaff-Reinet | Boomsticks Graaff Reinet | Supa Quick Graaff-Reinet | ISU…

Lees Meer

Wêreldbeker

Tydens die Desembervakansie het Tiaan Fourie aan die Saddle Seat Ruiterkuns Wêreldbeker te Parys, Suid-Afrika deelgeneem. Die span het teen Kanada en die Verenigde State van Amerika gekompeteer. Suid-Afrika het ‘n algehele eerste plek in die 5-gang en ‘n algehele tweede plek behaal in die 3-gang kompetisies behaal. Tiaan Fourie verower ‘n goue medalje in…

Lees Meer