HVS leerder, Erik Swanepoel, het op 4 November aan die vyfde rondte van die Rover Motorfietsklub se kampioenskappe deelgeneem en behaal ‘n eerste plek in die hoërskole afdeling waar hy die tweede plek drywer met 9:43 gewen het! Hierdie uitmergelende kompetisie behels ‘n 18 km baan wat in drie rondtes voltooi moet word. Met moeilike terrein wat droë seesand, gladde nat klippe en bosse insluit, voltooi Erik die baan in 34:04 en word as Algehele Kampioen bekroon. Wat hierdie prestasie nog meer spesiaal maak, is dat Erik die jongste deelnemer is om nog ooit as kampioen bekroon te word.
Baie geluk Erik – beslis ‘n merkwaardige prestasie!
Foto’s:
Erik Swanepoel (regs) saam sy ouer broer, Reinier (links) en pa, Knapie (middel).
Beide Reinier (matriek 2020) en Knapie (matriek 1991) is oud-Volksies.
Die kampioenstrofee van die Rover Motorfietsklub wat op 4 November deur Erik Swanepoel verower is.

Meer Nuusberigte