By vanjaar se Interskole het Anna-May Hayes, Volkskool se senior redenaarswenner, die gehoor diep geraak met haar toespraak. Sy het die unieke balans in Graaff-Reinet so mooi vasgevang: twee skole wat kragtig kompeteer, maar wat ook sáám die geleentheid skep vir ontwikkeling, groei en trots.

Met opregte woorde het sy herinner dat Volkskool en Union mekaar nodig het – nie net op die sportveld en verhoog nie, maar ook in die vorming van jong mense. Hierdie gesonde kompetisie laat kinders hul beste gee, maar die groter wen is dat hulle sáám groei en mekaar se suksesse vier.

☀️ ‘n Spesiale dankie aan Union wat die opname van haar toespraak gedoen het. Julle het vir ons die geleentheid gegee om die waarde daarvan weer raak te sien en te koester.

Ons is ongelooflik trots op Anna-May se prestasie én haar boodskap van samewerking en gemeenskap.

Meer Nuusberigte