Van 16 tot 19 Oktober het Jean van Wyngaard, ’n trotse Volksie in graad 11, Suid-Afrika verteenwoordig by die WKA-Wêreldkampioenskappe in Sheffield, Engeland.

Jean het uitmuntend presteer en ’n vierde en vyfde plek in sy afdelings behaal — ’n besonderse prestasie op internasionale vlak! Die Suid-Afrikaanse span het algeheel in die vierde plek geëindig en kan met reg trots wees op hul harde werk en deursettingsvermoë.

As kroon op sy prestasie het Jean amptelik sy Suid-Afrikaanse kleure ontvang – ‘n eer wat sy toewyding, dissipline en passie vir gemengde gevegkuns beloon.

Baie geluk, Jean! Volkskool is trots op jou!

Meer Nuusberigte