Ceano Everson, wat van graad 1 tot graad 10 by Volkskool was, het vandag ’n besondere oomblik met ons gemeenskap gedeel. Hy het vanjaar ons land verteenwoordig by die o.20 Wêreldbeker-rugbyspan en sy vaardighede op internasionale vlak ten toon gestel.

In ’n teken van trots en waardering het Ceano ’n Springbok-hemp aan die skool geskenk. ’n Simbool van harde werk, toewyding en die begin van ’n indrukwekkende rugbyloopbaan.

Ons is ongelooflik trots op jou, Ceano, en dankbaar dat jy jou prestasies met die skoolgemeenskap deel. Jou pad bevestig dat “Eenmaal Volksie, altyd Volksie”nie net ’n sê ding is nie, maar ’n lewende waarheid.

Dankie, Ceano – jy inspireer die volgende generasie!

Meer Nuusberigte