Volkskool is trots gasheer van die Fun4U Fun Fair! 🎠
Die Fun4u FunFair kom weer na Graaff-Reinet, maar hierdie keer op Hoër Volkskool se skoolgronde! Ons is trots om gasheer te wees vir hierdie kleurvolle karnaval op 12 en 13 September 2025.
Dis ’n naweek wat beloof om vol lag, gees en gesinsplesier te wees: van heerlike kos- en kunsvlyt stalletjies tot adrenalien-gevulde ritte wat groot en klein gaan laat glimlag.
Tye:
- Vrydag: 16:00 – 21:00
- Saterdag: 10:00 – 21:00
Meer besonderhede oor pryse en roetes
Kom kuier saam, ondersteun die skool, en geniet ‘n feesatmosfeer soos net Volkskool kan bied!