Krultoekennings

Skaak, Hokkie en Netbal Ons vier die leerders wat uitblink in skaak, hokkie en netbal! Julle harde werk, fokus en spanwerk word mooi erken met hierdie Krultoekennings. Elke skuif, pas en doel wys dat Volksies nie net talentvol nie, maar ook gedissiplineerd en toegewyd is. Foto een: Krultoekkenning vir skaak en hokkie Handru Olivier (Skaak),…

Lees Meer

Span Toekennings 2025

Die Span Toekennings het weer bewys hoe sterk ons Volksies saamstaan. Elke span, groot of klein, het hard gewerk, mekaar ondersteun en elke uitdaging met trots aangepak. Julle wys dat spanwerk en samehorigheid by Volkskool altyd eerste kom!

Lees Meer

Volksies gee bloed, gee lewe

Vandag het Hoër Volkskool se leerders weer hul moue opgerol vir iets groter as hulself – Bloedskenkdag. Met trots en ’n glimlag het Volksies in die ry gaan sit, en elke druppel was ’n geskenk van hoop.Die leerders het dit self die beste opgesom: “Ons is lifesavers!” Daardie woorde het nie net in die saal…

Lees Meer

Interskole 2025 – Volkskool teen Union

Wat ’n naweek van vasbyt en trots! Die hoërskoolspanne het gewys dat hulle nie terugstaan vir ’n uitdaging nie. Die rugby was hard en fisies, en elke hou is met gees gevat. Die hokkie was vinnig en intens – spel tot die laaste sekonde. Rugby: Hokkie: Hierdie is die tipe naweek waarvoor ons almal jaar…

Lees Meer

Interskole Landloop

Volkskool hardloop weg met die oorwinning! 🏃‍♂️🏃‍♀️ Vir die eerste keer in jare het Landloop weer deel gevorm van Interskole – en ons Volksies het gewys dat hulle nie net terug is nie, maar sterker as ooit! Ons seuns het die eerste ses plekke losgehardloop, terwyl die meisies pragtig gevaar het met plek 2de, 3de…

Lees Meer

Kultuur en woorde wat grense breek

Vanaand het die sprekers van Hoër Volkskool die waarde van skoolgaan op die platteland in almal se harte laat voel. Mikha Enslin (Gr. 11) het tweede plek behaal deur skoletrots te beklemtoon, terwyl Anna-May Hayes (Gr. 12) grense gebreek het met haar motiverende toespraak wat brûe binne die gemeenskap gebou het. Die vasvrae was intens…

Lees Meer

Interskole Tennis

Vandag het Volkskool se eerste en tweede tennis-spanne hulle Interskole-wedstryde teen Union gespeel. Ons spelers het alles gegee op die bane, en die dag was vol opwinding en sterk kompetisie. In die seuns-dubbels het die eerstespan ‘n sterk oorwinning van 7-2 behaal, terwyl die 2de span met ‘n nou telling van 4-5 verloor het. In…

Lees Meer

Skaakmat, Interskole

Vanaand het ons seuns én meisies die borde oorheers en met koel koppe, slim planne en vinnige skuiwe gewen. Uitslag: 15 – 13 vir Volkskool! Baie geluk aan elke speler wat tot die laaste skuif gebly het.

Lees Meer

Vroue gee aan vroue

Tydens Vrydag, 8 Augustus se Vroue-tee by Huis Cronjé het elke vrou ‘n kombers of serp vir liefdadigheid saam gebring.Mev. Marichen Nel het namens Huis Cronjé twee mandjies vol komberse en serpe aan Khomanani Victim Support Centre oorhandig. Dankie vir die goeie werk wat julle vir ander vroue doen! Ons hoop hierdie donasie kan ‘n…

Lees Meer