Verlede week het Hoër Volkskool die jaarlikse Karoogala aangebied by ons swembad. Die opkoms was baie groot, mense het gery van so ver as Fort Beaufort om aan hierdie gala deel te neem.

Skole wat meegeding het om die trofee was Union Schools, Volkskole, Cradock Hoër en Laerskool, Gill Primary en Gill College, Hoër Landbouskool Winterberg, Yellowwoods Primary School en Hoër Landbouskool Marlow.

Die kompetisie was baie straf en slegs een rekord is verbeter in die hoërskole afdeling. Hierdie rekord is deur Marlien Crewe-Brown verbeter, vir die Individuele Wisselslag, dogters 0.14. Hoër Volkskool het baie goed gevaar. Die seuns het ‘n algehele eerste plek behaal, maar die meisies het ongelukkig tweede gekom en Union meisies die kompetisie gewen het. Die telling was 198 -197 in Union se guns.

Die Victrix Ludorum is verower deur Marlien Crewe-Brown (0.14) met haar ses eerste plekke en een rekord. Die Victor Ludorum word gedeel deur Llewellyn Crewe-Brown (0.16) en Izak Hattingh (0.14) van Hoër Landbouskool Marlow. Albei het ses eerste plekke behaal in hul verskillende ouderdomsgroepe. Op die foto’s verskyn Wendy Venter, sportorganiseerder van UHS. Sy het die bekers oorhandig as huldeblyk vir haar jarelange verbintenis met Karoo Swem, en tree na dese af. Ons wens haar ‘n rustige aftrede toe.

Seuns foto: Links Izak Hatting Marlow, Wendy Venter en Llewellyn Crewe-Brown HVS

Meisie: Marlien Crewe-Brown HVS

Meer Nuusberigte