Verlede week het Union Schools die jaarlikse Interskole tussen die Volkskole en Union aangebied by Hoër Volkskool se binnenshuise swembad.

Die gala is baie goed ondersteun deur groot getalle deelname, baie ouers en ander ondersteuners wat bygedra het tot diè suksesvolle byeenkoms.

Marlien Crewe-Brown en haar boetie, Llewellyn, albei swemmers van Hoër Volkskool, het twee nuwe toekennings, geborg deur Aquabear Graaff-Reinet, nl. senior Victrix en Victor Ludorum, gewen.

Hul moes egter hard werk vir die toekennings en elkeen het buitengoewone goeie prestasies behaal. Llewellyn het aan ses items deelgeneem en vier rekords verbeter. Hy het eerste gekom in die 100m Vryslag Ope, wat ‘n nuwe item is en die rekord opgestel.

Marlien het ook aan ses items deelgeneem, waar sy vyf rekords verbeter het en ook die 100m Vryslag Ope rekord opgestel het. Sy het die 4x25m Individuekle Wisselsag rekord met 17 sekondes verbeter en die 50m Vlinderslagrekord met 9 sekondes.

Ander Volkskoolswemmers wat goeie eerste plekke verwoer het was Marnie van der Merwe (4x25m Ind Wisselslag), Marichen Piek (50m Vryslag, 50m Vlinderslag, 50m Rugslag en 4x25m ind Wisselslag), Rianco Vermeulen   (50m Vryslag, 50m Vlinderslag, 50m Rugslag en 4x25m ind Wisselslag), Danè Thiart (50m Vlinderslag en 50m Vryslag), PJ de Goede (50m Borsslag), Lynette Ittershagen-Strauss (50m Borsslag) en Jaco Gouws (50m Borsslag).

Die Volkskool 0.19A Seunsaflosspan het teen ‘n rekord van 49,9 gekompeteer wat in 2014 deur Antonie de Beer, Lucian Laubscher, Erwin Ittershagen-Strauss en Arnu Grassman opgestel is, en verbeter die rekord na 49,88.

Tydens die gala was dit moeilik om te bepaal wie sou op die einde van die dag wen. Na die 100m Vryslagitem het Volkskool egter sy kop neergesit en laat waai en op die einde die titel van Interskole swem Weneers 2018 uit die stryd getree met 389 – 343 in Hoër Volkskool se guns.

Foto’s van links: Marlien en Llewellyn Crewe-Brown, wenners van die Victor en Victrix trofee, Llewellyn Crewe-Brown en Marichen Piek, spankapteine van Hoër Volkskool met die trofee en die 0.19 A Aflosspan Llewellyn Crewe- Brown, Lunen Laubscher, Owen Thiart en Rianco Vermeulen.

Meer Nuusberigte