Hoër Volkskool se tennisspelers het weer hierdie jaar aan die Tennis-vir-Jesus toernooi te Bredasdorp deelgeneem. Die eerste rondte het hul wedstryde in hul groep gespeel, waar hul vir Hoerskool Dirkie Uys 23 -22 gewen het, en vir Auxburg Landbouskool 35-10 gewen het. Met al die punte wat hul bymekaar gemaak het, het hul eerste in hul groep geeindig. Daarna het hul deurgedring na die Semi-finale en teen Hoerskool Durbanville te staan gekom. Ongelukkig het hul hierdie wedstryd verloor en moes uitspeel vir derde en vierde plekke teen Hoërskool Belville. Hul wen die wedstryd gemaklik met 31-18 en bring toe die bronsmedalje huis toe.

Foto:  Alwyn van der Merwe, Liezel Nel, Dehana van der Merwe, Dane Thiart, Dieter Bertram, Elize de Jager, Inke van der Merwe en Petri van der Merwe. Afwesig vir foto: Johannes Conradie en Owen Thiart.

Meer Nuusberigte