[huge_it_gallery id=”2″]

Hoër Volkskool se nuwe gr 8’s het die jaar goed begin met ‘n kamp wat deur die leerlingraad by die skool aangebied is. Bu die kamp het die gr8’s geleer oor die skoolsisteme, waar alles is en daar is ken-mekaarsessies gehou sodat almal tuis kon voel wanneer hul die eerste skooldag sou aandurf.

Maandagoggend het die leerders die skool vermaak met uittreksels van o.a. Binnelanders en 7e Laan. Party het hul baie goed van hul taak gekwyt en behoort verseker ‘n loopbaan in die drama en kunste te oorweeg!  Die dag is afgesluit met ‘n modeparade deur die gr8 meisies wat self hul rokke ontwerp het. Die gr8 koning en koningin is ook by hierdie geleentheid aangewys. Die koning is Adriaan Fourie en koningin Chloe Stannard.

Meer Nuusberigte