“Van die 1ste tot die 3de Desember het die top swemmers in die Oostelike Provinsie sake uitgespook in Port Elizabeth tydens die OP swem Kampioenskappe

Llewellyn Crewe-Brown en sy ouer suster Lizandri Crewe-Brown het aan die ope deelgeneem. Die kompetisie was straf en het die beste uitgebring uit die twee Graaff Reinetters wat tussen hulle 9 persoonlike beste tye opgestel het.

 

Lizandri het een goue en een silver medalje los geswem en was in die top 8 in al sewe van haar ander items. Sy was ook deel van die top aflos span van die byeenkoms waar sy die 100m rugslag been geswem het. Hulle het die OP aflos rekord met ‘n fraksie van ‘n sekonde misgeloop maar is steeds gekroon as die ope aflos span van die byeenkoms en het die aflos skild gewen.

Llewellyn het as 15 jarige aan die mans ope deelgeneem en het teen harde baarde soos die SA swemmers Basson broers (21 jaar oud) deelgeneem. Hy het nie enige medaljes gewen nie maar het nie minder as ses keer in die top 15 geëindig- voorwaar ‘n top prestasie!

Volkskool is trots op die twee swemmers en sien met afwagting uit na die swem seisoen wat vroeg volgende jaar begin.”

Meer Nuusberigte