‘n Opwindende middag se atletiek is op die spyskaart wanneer die beste atlete van Volkskool en Union mekaar op die baan aandurf.  ‘n Wind wat die hoë temperatuur afgekoel het en veral die naellopers gehelp het, het bygedra tot die sukses van die dag.

Die volgende byeenkomsrekords is verbeter:

Naam Skool Item Ouderdom Afstand
S du Plessis UHS 800 meter Dogters onder 19 2:44,65 sekondes
S du Plessis UHS 1500 meter 5:50,66 sekondes
Z Speelman HVS Hoogspring 1,48 meter
S van Staden HVS 100 meter Seuns onder 17 10,62 sekondes
S van Staden HVS 200 meter 21,93 sekondes
L van Rooyen HVS Diskus 39,89 meter
C Leonard HVS Gewigstoot Dogters onder 17 9,71 meter
D Grootboom HVS 1500 meter Seuns onder 16 4:50,77 sekondes
J Jooste HVS Hoogspring 1,83 meter
J Jooste HVS Verspring 6,06 meter
C Swartz HVS 100 meter Dogters onder 16 13,10 sekondes
C Swartz HVS 200 meter 26,67 sekondes
C Swartz HVS Verspring 4,77 meter
T Lombard HVS Gewigstoot Dogters onder 15 9,90 meter
E Mitchell UHS Hoogspring Dogters onder 14 1,38 meter
D Thiart HVS Hoogspring 1,38 meter
D Thiart HVS Gewigstoot 9,62 meter

Die byeenkoms is afgesluit met opwindende aflosse vir seuns en meisies.  Die beamptes het na die byeenkoms gesellig verkeer in die Volksie Klubhuis.

Meer Nuusberigte