Die afgelope naweek het Hoër Volkskool hokkie teen Hoërskool Framesby op ons tuisveld gespeel. Die kompetisie was baie straf en ons hokkiepelers het ‘n baie goeie geveg opgesit. Die tellings is nie ‘n weerspieling van die tipe hokkie wat op die dag gespeel is nie.

Die o.16B-span verloor 0 – 2, die o.16A span verloor 1 – 2.

Die eerstespan se hele wedstryd was die telling 0 -0 en dit is eers in die laaste minute dat Framesby daarin kon slaag om ‘n doel te skiet en die wedstryd 0 – 1 wen.

Die rugbyspanne het ook goed gespeel teen Graeme College, maar was baie ongelukkig op die dag. Die tellings was as volg:
o.14 verloor 14 – 29
o.15 verloor 5 – 54
o.16 verloor 8 – 36
Derdes verloor 3 – 20
Tweedes verloor 5 – 28

Die eerste span het ‘n baie goeie wedstryd gespeel en hulle wedstryd 18 – 0 gewen.

Foto’s: Elise Steynberg (hokkie)

Meer Nuusberigte