Tydens die Suid Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskappe by Bloemfontein Skou het 3 van Hoër Volkskool se leerders baie goed presteer. Dit is die grootste Ope Lug skou ter wêreld.

Hul uitslae is as volg: Tiaan Fourie eindig 8ste in 3 Gang Natuurlike Maanhare en Stert Ruiters 18 jaar en onder, en 4de in 3 Gang Parkperd Ruiters 18 jaar en onder.

Marli Fourie word aangewys as die SA Kampioen 3 Gang Ruiterkuns vir Ruiters 14 jaar en onder, sy behaal ‘n 3de plek in 5 Gang Plesierperd Ruiterkuns vir Ruiters 14 jaar en onder. Sy eindig ook 3de in 3 Gang SA Groot Kampioen Kinderryperd vir Ruiters 14 jaar en onder.

Philip Ehlers is ‘n Reserwe SA Kampioen 3 Gang Plesierperd Ruiterkuns Ruiters 14 jaar en onder.

Baie geluk aan elkeen van die ruiters met hierdie goeie presatsies, asook aan hulle afrigter, mev Sumeri Botha van Kamdeboo Stalle.

Meer Nuusberigte