In 2024, soos in die verlede, het die Oostelike Provinsie hokkieproewe reeds in Februarie tydens die openingstoernooi begin en opgevolg met streekproewe vir o.16-spelers.

Na afloop van die finale rondte proewe op 28 April is Alecia Louw (o.16A) en Deidre Alberts (o.14A) in die OP spanne ingesluit, vir deelname aan die Interprovinsiale Toernooie wat jaarliks in Julie plaasvind. Hoër Volkskool is trost op die besondere prestasie van hierdie twee talenvolle spelers en sien daarna uit om hul vordering in die toekoms met ‘n fyn oog dop te hou.

Alle provinsiale spelers is uitgenooi na die prestasie toekenningseremonie wat op 5 Mei gehou is. Na afloop van hierdie seremonie het al die spanne aan rondomtalie wedstryde deelgeneem.

Baie geluk, Alecia en Deidre!

Meer Nuusberigte